Suid-Afrikaanse Lugmag

Suid-Afrikaanse Lugmag
Kenteken van die Suid-Afrikaanse Lugmag met die Latynse leuse Per aspera ad astra
Kenteken van die Suid-Afrikaanse Lugmag met die Latynse leuse Per aspera ad astra
Kenteken van die Suid-Afrikaanse Lugmag met die Latynse leuse Per aspera ad astra
Gestig 1 Februarie 1920
Land Suid-Afrika
Onderdeel van Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag
Tipe Lugmag
Spesialisasie Lugoppergesag, Lugverdediging
Aantal lede 10 815 aktiewe personeel
831 reserwe personeel
Uitrusting 229 vliegtuie
Veldslae Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Suid-Afrikaanse Grensoorlog
Namibiese Onafhanklikheidsoorlog

Die Suid-Afrikaanse Lugmag is die lugkomponent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en van sy voorganger die Suid-Afrikaanse Weermag. Die lugmag staan amptelik bekend as die South African Airforce (SAAF) met sy hoofkwartier in Pretoria. Die Suid-Afrikaanse Lugmag is op 1 Februarie 1920 gestig.

Die lugmag het in die Tweede Wêreldoorlog en die Koreaanse oorlog diens gedoen. Vanaf 1966 was die lugmag betrokke by die verskaffing van infanterie-ondersteuning in 'n oorlog met 'n lae intensiteit ("die Grensoorlog") in Angola, Suidwes-Afrika (Namibië) en Rhodesië. Namate die oorlog gevorder het, het die intensiteit van lugoperasies toegeneem totdat die lugmag in die laat tagtigerjare verplig was om vegvliegtuie teen Angolese vliegtuie in te span om taktiese meerderwaardigheid in die lug te handhaaf. Na afloop van die Grensoorlog in 1990 is die getalle van die vliegtuie drasties verminder as gevolg van finansiële druk en die staking van vyandelikhede met buurstate.

Die SALM het deesdae 'n beperkte luggevegsvermoë en is gestruktureer vir vredesbewaring, ramphulp en maritieme patrollie. Gedurende die apartheidsera was dit bekend onder die Afrikaanse naam Suid-Afrikaanse Lugmag (SALM), 'n afkorting wat nie meer algemeen gebruik word nie. Die Suid-Afrikaanse Lugmag se Latynse leuse is Per aspera ad astra ("deur ontberings na die sterre").[1]

  1. (en) "South African Air Force". Corporate Identity. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2012. Besoek op 7 Junie 2012.

Developed by StudentB